Nou die dag was ons op besoek by Max. Dis nou Frommels se pa. Ek het in die bakkie gebly oppas. Maar toe die baas terug kom, maak hy so wragtig die deur vir Max oop. Dit was nie 'n goeie plan nie. Ek het my stert tussen my bene gedruk om alles te beskerm aan die agterkant en my ore platgerek om nie die HOND se gegrom te hoor nie. Toe trek ek my neus op 'n krul sodat Max moet dink hy stink. Maar niks nie. Die HOND wou net aan my kom snoffel. En as hy kan ruik, dan kan hy proe ook. Gelukkif vir hom gryp die baas hom toe aan sy nekband en lei hom saggies daar weg. Maar toe die baas inklim en die deur toemaak, toe moet ek die Max tog eers vertel wat ek van hom dink WAF GRRR WAGWAF @#&!!! Dis wat ek baie hard vir hom gesê het terwyl ons wegry. So 'n groot lomp gedoente. En dit noem hulle HOND. Hulle moet liewers na my kyk. EK is 'n hond
In die begin het Mapstieks vir die klein Danes gebully. Maar nou trek hy aan die kortste end. Frommels lê net op sy sy en tel sy poot op en sit dit bo op Mapstieks. Dan sak Mapstieks klaar deur sy pote en sukkel om daar onder uit te kruip. Intussen knaag Frommels hier en daar aan onderdele van Mapstieks wat onder sy poot uitseek. Dan sing Mapstieks in alle toonaarde van hoog tot laag totdat hy daaronder uitkom. Nou die dag was ons op besoek by Max. Dis nou Frommels se pa. Ek het in die bakkie gebly oppas. Maar toe die baas terug kom, maak hy so wragtig die deur vir Max oop. Dit was nie 'n goeie plan nie. Ek het my stert tussen my bene gedruk om alles te beskerm aan die agterkant en my ore platgerek om nie die HOND se gegrom te hoor nie. Toe trek ek my neus op 'n krul sodat Max moet dink hy stink. Maar niks nie. Die HOND wou net aan my kom snoffel. En as hy kan ruik, dan kan hy proe ook. Gelukkif vir hom gryp die baas hom toe aan sy nekband en lei hom saggies daar weg. Maar toe die baas inklim en die deur toemaak, toe moet ek die Max tog eers vertel wat ek van hom dink WAF GRRR WAGWAF @#&!!! Dis wat ek baie hard vir hom gesê het terwyl ons wegry. So 'n groot lomp gedoente. En dit noem hulle HOND. Hulle moet liewers na my kyk. EK is 'n hond Laas nag was baie vermoeiend. Ons het gewag dat die oue jaar verbygaan en dit wou net nie so maklik gebeur nie. Ons het geblaf en geblaf en eventually was dit verby. Toe kom die nuwe jaar. Lyk soos 'n klein puppie. Totaal onskuldig, fraai, Geen bose bedoelings nie en so meer. Nou sal ons maar sien wat alles gaan gebeur. Maar Tombi en Frommels lê uitgepass op die vloer. Jy kan bo op hulle trap, hulle sal nie move nie. Die vlieë trap op hulle soos perde maar hulle budge nie. Silly goed. Vir al my vriende en bewonderaars: Geniet hierdie nuwe jaar wat ek en Frommels en Tombi met moeite ingesleep het.
0 Comments
|